This is the South African part of this website. To make sure you upload your entry to the right country, choose your country from the list below.
The Netherlands | Belgium | GermanyUnited Kingdom


Protea Boekhuis is op soek na buitengewone opkomende illustreerders. Is jy een van hulle? Stuur vir ons voorbeelde van jou werk en kry internasionale erkenning!

Sluitingsdatum vir inskrywings:
15 Mei 2017


Is jy ’n inspirerende, unieke kinderboekillustreerder? Dan is jy net waarna ons soek!
  • Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat al drie saam ʼn storie vertel (dit kan 'n bestaande storie wees of jou eie). Sluit die teks in wat by elke illustrasie hoort en gee ook 'n kort opsomming van die hele storie in hoogstens 250 woorde. Stuur dit as 'n Word-dokument.
  • Dit mag nie voorheen gepubliseerde illustrasies wees nie.
  • Enige medium en tegniek mag gebruik word.
  • Jy mag alleen deelneem indien jy nog nie 'n volledige prenteboek deur 'n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel deelneem indien jy slegs reeds opvoedkundige boeke geïllustreer het of jou werk opgeneem is in ander kontekste as prenteboeke; byvoorbeeld bundels, boekomslae en volwasse fiksie.
  • Illustreerders van lande buite die Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika, Duitsland, Nederland en België mag wel deelneem deur hul bydraes te laai op die werf van enige van die organiserende lande. Die tekste moet in daardie geval in Engels wees.
Gaan na picturethis-illustrationcompetition.com en laai voor 15 Mei 2017 jou illustrasie en bygaande teks − wat saam ʼn verhaal vertel − op. As jy die eerste digitale keuring slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur.

ʼn Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings in Nederland/België, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk kies. Die uitslag sal in Junie 2017 bekendgemaak word op picturethis-illustrationcompetition.com. Wenners sal ook per e-pos ingelig word.

Die werk van die wenkunstenaars sal deel wees van ʼn reisende tentoonstelling in die deelnemende lande. Die finale keuse van wenillustrasies word in ʼn internasionale katalogus gepubliseer en voorgestel aan talle van die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2018 ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te kry.

Picture This! is ʼn inisiatief van die International Centre for the Picture Book in Society (VK) en Lemniscaat Uitgewers (NL). Die kompetisie word ondersteun deur die International Centre for the Picture Book in Society (VK), Lemniscaat (NL), Protea Boekhuis (SA), Walker Books (VK) en Burg Wissem Bilderbuch Museum (DE).

Real time web analytics, Heat map tracking